Posted 12 May 2017
This article was published in Huisgenoot. The article tackles the serious issue of companies such as USN targeting children to sell supplements to. This deplorable issue. We addressed this issue in CamCheck on the 21st April 2016.
In this previous article, we highlighted Elaine Swanepoel’s article, published in Die Rapport, where she wrote: “Yet says Albe Geldenhuys, head of USN, to Die Rapport, that primary school children should not under any circumstances be using supplements”. Yet the Sportsmax website clearly advertises and markets to children. SportMax products include MassMax (SportMax recommended dose is only for people older than 12 years) and Vitamax (12 years). As we noted in the original posting, the product, ToneMax, contains Garcinia cambogia, an ingredient never tested in children, and associated with reports of liver failure!
The article is reproduced below, but available in PDF format
Part A![]() | Part B![]() |
(opens in new browser window)
DOEPAS: KRAG OF KRUIS?
(Thanks to Huisgenoot for permission to republish)
Google Translate into English
9 MAART 2017 huisgenoot.com
Met ál meer hoërskoolkinders wat aanvullers gebruik om spiere te bou of gewig te verloor, waarsku kenners opnuut teen die gevare Deur RICHARD VAN RENSBURG
As jy twee dekadesgelede in jou skool se eerste rugbyspan was, het jou afrigter jou waarskynlik van ’n paar dinge vertel wat jy kan eet om beter te presteer: baie eiers, piesangs . . . en ’n groot
bord pasta die aand voor ’n wedstryd.
Maar wat jy nie sommer sou aantref nie, kom nou toenemend onder hoër skoolkinders voor: aanvullers met wei proteïen, kreatien, plantekstrakte wat jou glo maer maak, en prohormone soos DHEA. Tieners beproef deesdae al dié doepas in die hoop om hul spiere te laat bult of kilogramme af te skud.
In sommige gevalle bemark versprei ders van aanvullers dit selfs by skole. Dié mense sê die produkte wat hulle onder kinders bemark, is juis veilige alternatie we vir grootmensprodukte, maar kritici vrees dit dra net by tot ’n kultuur van aanvullergebruik onder die jeug.
En die debat woed voort: Enersyds is daar diegene wat meen ’n mens kan krag uit ’n poeier, drankie of jel kry; andersyds’ dié wat sê dit is ongesond dat kinders met sulke goed lol.
Sommige ouers bestee R3 000 tot R4 000 maandeliks aan aanvullers in die hoop dat dit hul kind die volgende groot sportster sal help maak, sê dr. Harris Steinman, ’n mediese dokter, navorser oor voedselveiligheid en direkteur van die maatskappy Food and Allergy Con sulting and Testing Services.
Hoërskoolsportlui verkeer onder ge weldige druk om beter te presteer, ook van afrigters en spanmaats, sê Ancois Botha, ’n dieetkundige wat in voeding vir spesifieke sportsoorte spesialiseer. “Ouers en afrigters moet begryp tiener atlete sal in die versoeking kom om pres tasie in ’n bottel te soek. Hulle moet goed ingelig wees sodat hulle leiding kan neem namens hul kinders.”
Moet kinders hoegenaamd aanvullers gebruik?
Indien kinders ’n doepa soek om hul liggaamsbou of sportprestasie vinnig te verbeter, sal hulle dikwels produkte met ’n stimuleringseffek kies. Sulke produkte’ is op die duur sleg vir kinders, sê prof. Ben Coetzee, programleier van sport wetenskap (nagraads) aan die Noord wesuniversiteit se skool vir biokinetika, rekreasie en sportwetenskap.
“Kinders (en volwassenes) moet vet verbrandings en verslankingsmiddels vermy. Heelwat van dié produkte wat in die laaste jare getoets is, bevat bestand dele soos stimulante, diuretikums en antidepressante.”
As in ’n middel se advertensie beweer word dit sal jou spiere groter maak, is daar ’n beduidende kans dit bevat ana boliese middels, wat baie sleg is vir ’n kind se ontwikkeling en gesondheid, waarsku Ben. Hy sê ook in navorsing is bevind “15 tot 25 persent van produkte op die mark bevat verbode middels, waaronder steroïede en stimulante”.
Verspreiders van aanvullers het aan Huisgenoot gesê hulle toets wel hul pro dukte om seker te maak ditbevat nie ver bode middels nie.
As jy aanvullers gaan gebruik, kan jy ’n mate van hulp kry by aanlyn gehalte beheerdienste soos informedsport.com en informed-choice.org, sê Ancois. Hulle stel lyste beskikbaar van produkte wat die onafhanklike laboratoriumgroep LGC (voorheen HFL) in Brittanje toets.
Proteïen, kreatien en die res
Proteïenaanvullers, meestal weiproteïen, is moontlik die gewildste aanvullers on- der tieners, sê Ancois. Dit is wettig en veilig vir kinders, mits hulle nie daarvoor allergies is, dit oordoen of dit onverklaar- de verbode middels bevat nie. ’n Mens moet dus minstens seker maak dit kom van ’n verantwoordelike verskaffer wat die gehalte streng beheer.
Maar eintlik kan jy al die nodige pro- teïene uit ’n gesonde dieet kry. Die pro- teïen in byvoorbeeld eiers, vleis, bone of vis behoort heeltemal voldoende te wees vir ’n jong sportman se beperkte pro- teïenbehoeftes.
Daar is wel uitsonderings. ’n Rugby- speler van 100 kg wat baie met gewigte oefen, sal waarskynlik meer proteïene nodig hê as wat ’n gewone dieet bied. Dan kan weiproteïen wel oorweeg word. Onthou net te veel proteïen kan druk op die niere en lewer plaas en tot ont-watering lei, sê Ancois.
Die lyf van ’n adolessent, wie se lewer en niere nog ontwikkel, sal sukkel as dit
’n oormaat proteïen inkry benewens dié in ’n gesonde dieet, maan Harris.
Nog twee gewilde produkte wat meer omstrede en gevaarliker vir kinders is, is kreatien en DHEA, sê Ancois.
Kreatien is wettig en lankal gewild on- der sportmense wat met gewigte oefen. Die veronderstelling is dat dit hulle in staat stel om meer repetisies te doen en swaarder gewigte op te tel om meer spierweefsel te bou.
Maar in hoë dosisse kan dit die niere se werking aantas en ’n mens se risiko vir spierbeserings verhoog, verduidelik sy.
“Daar is regtig geen rede vir tieneratle- te om dit te gebruik nie.” Jy kan genoeg kreatien uit ’n gebalanseerde dieet kry.
Die Amerikaanse Akademie vir Pedia- trie sê niemand onder 18 behoort krea- tien te gebruik nie.
DHEA (dehidroepiandrosterone) is ’n voorloper tot geslagshormone soos estrogeen en testosteroon. Prohormone soos DHEA word bemark as iets wat “testosteroonvlakke verhoog, spieront- wikkeling en krag bevorder, liggaamsvet verminder en uithouvermoë verbeter”.
Maar ’n 18-jarige het glad nie nog tes- tosteroon nodig nie, maan Ancois. “Boonop is DHEA verbode; dit val in die kategorie van anaboliese steroïede.”
By mans kan sulke hormoonmiddels lei tot testikulêre aftakeling, impotensie, prostaatkanker en vroulike eienskap soos groot borste. By vroue kan dit manlike eienskappe, soos ’n bles en gesigshare, bloedklonte en ’n hoër risiko vir borskanker meebring. By kinders kan dit ook lei tot vroeë pu- berteit en ’n afname in beengroei.
Kruiemiddels en gekonsentreerde plantekstrakte waarvan die veiligheid vir mense nie behoorlik vasgestel is nie, is ook ’n probleem.
Die energiedrankies wat oral te koop is, is ook glad nie so onskuldig ni maan Ben. Dit kan jou tande verswak en al die kafeïen daarin kan lei tot ontwatering, senuagtigheid, bewe- righeid, maagpyn, abnormale hart- tempo en naarheid. Bestanddele soos tourien en guarana beïnvloed blykba ook die sentrale senustelsel. Stuiptr
kings en hartprobleme is al aangemeld by mense wat teveelsulkedrankiesdrink.
Een ding lei tot ’n ander . . .
As kinders jonk geleer word om aanvul- lers te gebruik, kan dit bydra tot “die val- se indruk dat iemand aanvullers moet gebruik om te presteer en dat ’n normale gebalanseerde dieet onvoldoende is,” sê Harris. Boonop, as die “onskuldige” aan- vuller nie die gewenste uitwerking het nie, neig gebruikers om na een met ’n hoër risko oor te skakel. “Byvoorbeeld: Ek gebruik 100-persent-weiproteïen, maar dit werk nie; nou beproef ek iets an- ders . . . en eindelik anaboliese steroïede.” “Die SA Instituut vir Dwelmvrye Sport het al ’n paar jaar gelede aangedui 18 uit 62 skoliere is oor ses maande positief ge toets vir middels wat gevaarlik genoeg was om hul lewe te eis,” meld Ben.
Die beste medisyne
Eindelik het jong sportmense net ’n ge- balanseerde dieet, genoeg water, slaap en gereelde oefening nodig, sê Ancois. Tyds- berekening is ook belangrik as jy die bes- te uit jou kos wil kry, byvoorbeeld ’n goeie ontbyt binne ’n halfuur nadat jy op- gestaan het en volle maaltye minstens drie uur voor oefensessies. Eet dan weer binne ’n halfuur ná strawwe oefening vir optimale herstel en spierbou.
Omega-3-aanvullers kan dalk help teen vrye radikale wat met strawwe oefe- ning vrygestel word. Probiotika en multi-vitamiene kan ook voordelig wees.
ANDER KENNERS SÊ
Die bekende sportwetensaplike prof. Tim Noakes het aan Huisgenoot gesê: Ek sien geen rede waar enigeen aanvullers behoort te gebruik nie. As men se behoorlike, voedingstofryke kosse eet, sal hulle geen aanvul lers nodig hê nie.”
David Howman, oud-direkteur-generaal van die Wêreldagentskap en Verbode Middels AVM), het ook gewaar toetsing vir verbode is onvoldoende en dat hoërskoolkinders moontlik anaboliese middels of verbode aanvullers gebruik om spier massa te verhoog. “Dit maak my doodbang dat kinders dit doen,” het hy laat hoor voor hy die WAVM in 2016 verlaat het.
(Link opens in new browser window)
- SLAPPing back: Court checks corporate bullying 12 February, 2021
- Sports nutrition position paper backs dietary protein over supplements 28 August, 2020
- South African Whey and Casein protein powders lack important amino acids 7 November, 2019
- USN PhedraCut Lipo XT recalled due to high caffeine content 18 September, 2019
- UK ASA rules claims of USN Phedracut breach advertising code 6 August, 2019
- Sports nutrition: spoiled by ‘wrong and immoral’ marketing 10 May, 2018
- Protein World’s Carb Blocker versus USN Carb Block 22 March, 2018
- 5 supplements that claim to speed up weight loss – and what the science says 31 January, 2018
- Why do teenagers use supplements, and where do they get their advice? 27 November, 2017
- 3 Bodybuilding Supplements That Are An Absolute Waste Of Money 16 October, 2017
- Denmark warns over online sports supplements 2 July, 2017
- Sports nutrition growth spoiled by ‘wrong and immoral’ marketing 28 June, 2017
- Sports supplements sold to children 12 May, 2017
- Garcinia Linked to Liver Damage 1 May, 2017
- Teens Receiving Inaccurate Information on Supplements 19 April, 2017
- Court strikes blow against quackery 17 March, 2017
- Some good reasons to be cautious about using dietary supplements 13 February, 2017
- Protein hype: shoppers flushing money down the toilet, say experts 28 December, 2016
- Muscle-building shakes don’t always have as much protein as they claim to 11 July, 2016
- Targeting school children in marketing campaigns for sports supplements: Is it ethical? 31 May, 2016
- USN linked to company promoting sport supplements in children 21 April, 2016
- Diet supplements threat to liver 25 January, 2016
- Power Report: Watchdog in chains as advertiser fights back 18 November, 2015
- USN’s defamation action: Commentary on RSG 21 October, 2015
- Supplement use might be a sign of disordered eating in men 8 October, 2015
- Die Burger: Aktivis gedagvaar oor aanvullers 7 October, 2015
- USN, Herbex, Antagolin, Solal and Vigro (Nativa) go to court to block ASA 6 October, 2015
- USN: Previous ASA rulings 5 October, 2015
- USN defamation charge against CamCheck 17 September, 2015
- Do sports drinks and energy bars make you a better athlete? 15 September, 2015
- CLA supplement linked to hepatitis case 14 September, 2015
- USN/Evox Protein supplements: what you need to know 26 August, 2015
- Melamine contamination in South African nutritional supplements 21 July, 2015
- USN Carb Binder – ASA breach ruling 7 May, 2015
- Nutritech Diet Meal vs USN – ASA Ruling 5 May, 2015
- Nutritech Premium Pure Whey Lite vs USN – ASA Ruling 4 May, 2015
- Muscle-Building Supplements Linked to Testicular Cancer 22 April, 2015
- Study finds troubling link between use of muscle-building supplements and cancer 14 April, 2015
- MedicalBrief: Fat Blocker moves to silence fact checker 29 March, 2015
- UK ASA acts against USN product claims 26 March, 2015
- New consumer site casts doubt on (USN) supplement claims 24 March, 2015
- USN issues a ‘Take-down’ notice for CamCheck 18 March, 2015
- USN CreatineX4 – UK ruling 18 March, 2015
- USN ‘Carb binder’ – the scam continues 10 February, 2015
- White kidney bean extract for weight loss? 29 January, 2015
- Albe Geldenhuys / USN responds to CamCheck posting 26 January, 2015
- Oxygen myths that refuse to die 18 November, 2014
- USN 100% Whey Protein 13 October, 2014
- USN Fat Block – Fat chance 3 October, 2014
- USN Phedra-Cut Lipo XT – ASA breach ruling 2 October, 2014
- Anti-Doping Agency warns athletes about dietary supplements 11 August, 2014
- USN 19-Testo Mass – ASA ruling 28 July, 2014
- USN “Carb Binder” – scam product, ASA ruling 28 July, 2014
- USN 19 TESTO MASS – ASA ruling 9 May, 2014
- Albe Geldenhuys of USN, a master scam artist? 9 March, 2014
- Biogen Tribulus – ASA Santions – 31 January 2014 31 January, 2014
- Biogen Testoforte: ASA ruling – website advert 10 November, 2013
- Biogen Testoforte: ASA ruling – print advert 10 November, 2013
- Biogen Tribulus – ASA Breach ruling – 8 November 2013 8 November, 2013
- USN Pure Protein Bar – ASA ruling 10 October, 2013
- Biogen Tribulus – ASA ruling – 11 September 2013 11 September, 2013
- USN Phedra-Cut Hardcore – ASA Ruling 10 June, 2013
- USN Fat Block – Lie, no proof that it blocks fat 7 May, 2013
- USN Phedra-Cut LipoXT product – ASA ruling 7 April, 2013
- USN Weight loss product’s claims are ‘misleading’ 4 February, 2013
- USN Phedra-Cut Hardcore – No proof! 17 January, 2013
- USN Phedra-Cut Lipo XT – ASA ruling 1 August, 2012
- Biogen Andrenal Boost nonsense 12 August, 2011
- Protein supplements give no benefit to athlete’s performance 10 July, 2011
- USN Cellu-Firm – ASA Sanctions – 15 July 2009 15 July, 2009
- USN Cellu-Firm – ASA Breach ruling – 8 June 2009 8 June, 2009
- USN Cellu-Firm – ASA Sanctions – 16 October 2008 16 October, 2008
- USN Cellu-Firm – ASA Breach ruling – 8 April 2008 8 April, 2008
- USN Cellu-Firm – ASA breach ruling – 02 April 2007 2 April, 2007
- USN Cellu-Firm – ASA ruling November 2006 28 November, 2006
No comments yet.