Solal advert “Vitamin D is as effective as a vaccine”

,

Posted 17 May 2010

Solal has placed this advert in a number of newspapers. I have received calls from dietitians, doctors and pharmacists complaining about the claims of this advert.So, what is the truth?

Here is a good scientific deconstruction by one of South Africa’s best journalists, Elsabe Brits of Die Burger newspaper.

Elsabe Brits is a Specialist Journalist at Die Burger.

http://152.111.1.87/argief/berigte/dieburger/2010/05/08/SK/7/wetvandag8mei.html
Reprinted with kind permission by the author.

To translate into English, go to http://www.google.co.za/language_tools?hl=en and copy and paste this url into the “Translate a web page” section.
Or click here.


Druk die vitamien-skoen tot hy jou pas

Dit is eintlik skokkend dat vervaardigers van voedingsaanvullers met stellings soos die volgende wegkom: “Hulle (die navorsers wat buite verband én verkeerd aangehaal word) stel voor dat, ongeag jou entstatus of ouderdom, ’n voldoende vlak van vitamien?D-serum gehandhaaf moet word om griep en talle ander ernstige siektes soos kanker, hartsiektes en diabetes te voorkom.”

Dít is net een van die buitensporige stellings wat Woensdag in ’n voorblad-advertensie in Die Burger deur Solal gemaak word. Om “kanker” breedweg onder ’n sambreel te plaas, moet lesers klaar laat twyfel. Daar word lukraak na navorsing in vakjoernale gegryp, en die voet word in die knypende skoen gedruk totdat hy pas.

Die “opskrif” van die advertensie lui: “Vitamien D is net so doeltreffend soos ’n entstof.” Onwaar. Om dit te staaf, het die maatskappy ’n studie gebruik wat in 2008 onder Japanse kinders gedoen is.

Die advertensie lui: “Mense wat vitamien D3 as aanvuller ontvang het, se kans om seisoenale griep op te doen, was 43% minder.”

Hulle spog dit kan die vatbaarheid vir H1N1 dramaties verminder. Hulle sê ook ’n mens kan tot vyf keer die aanbevole dosis neem, feitlik sonder negatiewe newe-effekte.
En die advertensie sinspeel daarop dat ons almal eintlik ’n tekort aan vitamien D het.

’ n Mens kan te veel vitamien D neem, en daar is newe-effekte. Daar is selfs iets soos vitamien D-toksisiteit. Dit is ’n vetoplosbare vitamien wat nie soos oortollige vitamien C in jou urine uitgeskei word nie. Jy kan maar net elke dag ’n halfuur in die son sit en die wonder van jou liggaam vervaardig vitamien D self. Dit kom in kos (vis en vis-olies, eierwit, melk en kaas) voor!

Mense wat gevaar loop om te min vitamien D te kry, is swart mense in die verre Noordelike Halfrond, asook Moslemvroue wat van kop tot tone bedek is. Ander redes vir ’n sogenaamde tekort aan vitamien D is dat mense se niere nie die vitamien na sy aktiewe vorm kan verwerk nie, of dit kan nie in die spysverteringskanaal opgeneem word nie. ’n Tekort kan ook voorkom by mense wat streng vegetaries is of aan vet-wanabsorpsie ly. Dit is egter uitsonderings.

Die uitslag van die studie (American Journal of Clinical Nutrition, Maart 2010) lui: Daar was 334 Japanse kinders in die studie, van wie 49 toe seisoenale griep gekry het. Uit dié totaal het 18 vitamien D ontvang en 31 ’n plasebo. Maar daar is geen vergelyking met ’n entstof-groep gedoen nie. (Die kinders moes ook twee pille drie keer per dag neem.) Waar kom Solal aan sy data oor H1N1? Of dat dit net so goed soos ’n entstof is? Die Japanse studie het nie dit getoets nie.

Die bevinding was: “Die neem van vitamien D gedurende die winter kan dalk die voorkoms van seisoenale griep (A-stam) verminder in spesifieke subgroepe van kinders.”

Dit is nie wat die advertensie beweer nie.

Kanker in sy vele vorme is egter, soos chroniese siektes, ’n terrein waarop verkopers van voedingsaanvullers en mense wat nie klinies getoetste medikasie bemark nie, hulle dalk nie moet begewe nie. Met die ontploffing van genetika raak dit by die dag duideliker dat talle gene en geen-seinbane by kankers betrokke is.

(Bronne: National Institutes of Health, Office of Dietary Supplements, AJCN (Maart 2010). )

Elsabé Brits is Die Burger se wetenskapjoernalis. 

[email protected]

,

2 Responses to Solal advert “Vitamin D is as effective as a vaccine”

  1. Charles Potgieter 9 May, 2016 at 5:34 pm #

    Elsabe’s Brits English is absolutely atrocious. Vitamin D3 is more effective than a vaccine.

    • Harris 9 May, 2016 at 6:03 pm #

      @Charles
      I do not know whether to laugh or cry. You say her English is atrocious, when in fact she wrote in Afrikaans. The English you read was Google Translate’s attempt to translate Afrikaans into English!

      Regarding Vitamin D3 being more effective than vaccine, I bet you that you cannot supply me with ONE research article that compared them to each other in preventing anything!

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.