Mediese kenners waarsku teen Holford

,

A cutting article by Johannes de Villiers published in the Rapport of 03 April 2011 

This article relates to the following postings on Quackdown!

Why is Dis-Chem promoting Patrick Holford?
http://quackdown.info/article/why-dis-chem-promoting-patrick-holford/

Dis-Chem responds to open letter
http://quackdown.info/article/dis-chem-responds-open-letter/

Mediese kenners waarsku teen Holford

http://www.rapport.co.za/Suid-Afrika/Nuus/Mediese -kenners-waarsku-teen-Holford-20110402

Die wêreldberoemde dieetghoeroe Patrick Holford saai verwarring in Suid-Afrika deur mense se vertroue in kliniese medisyne te ondermyn, sê plaaslike medici. 

Vooraanstaande mediese kenners is besorg oor die gewilde skrywer se neiging om vitamienpille en spesiale diëte pleks van medisyne vir ernstige siektetoestande aan te beveel. 

Holford, wat derduisende boeke en vitamienpille in Suid-Afrika verkoop, kom toenemend onder skoot deur plaaslike gesondheidskenners wat meen sy uitsprake oor depressie, kanker en MIV/vigs is ongegrond en onwetenskaplik. 

In sy jongste boek beweer Holford byvoorbeeld dat dokters te geredelik antidepressante voorskryf en dat baie depressielyers hul toestand kan behandel deur bloot gesonder te eet. 

’n Reeks vitamienaanvullings, wat sowat R189 tot R320 vir ’n bottel met 60 pille in plaaslike winkels kos, het die Holford-handelsmerk. 

Medici se kritiek teen Holford het nou so toegeneem dat Dis-Chem, die apteekgroep wat die kaartjieverkope van Holford se onlangse toer na Suid-Afrika behartig het, hom die afgelope week van sy uitsprake oor MIV/vigs gedistansieer het. Die Southern African HIV Clinicians Society en die Treatment Action Campaign (TAC) het vroeër amptelik beswaar gemaak teen Dis-Chem se betrokkenheid by Holford. 

Mnr. Stan Goetsch, direkteur van die winkelgroep, het in ’n verklaring gesê Dis-Chem distansieer hom van bewerings dat vitamienaanvullings ewe of meer doeltreffend as antiretrovirale MIV-vigsmedisyne kan wees. 

Holford het al in een van sy boeke beweer dat die antiretrovirale vigsmedisyne AZT “potensieel skadelik en minder doeltreffend as vitamien C”

is, ’n opvatting wat ook deur oudpres. Thabo Mbeki onderskryf is en wat onder meer gegrond is op navorsing deur dr. Raxit Jariwalla, ’n navorsingsgenoot aan die Rath-stigting. 

Dr. Matthias Rath is ’n berugte Duitse vigskwak wat Suid-Afrikaners met MIV/vigs in ’n veldtog in 2005 aangemoedig het om hul lewensnoodsaaklike vigsmedisyne te laat staan en eerder sy vitamienpille te drink. Die Kaapse hooggeregshof het hom verbied om dié gevaarlike veldtog voort te sit. 

Prof. Francois Venter, president van die Southern African HIV Clinicians Society, het oor Holford se aansprake aan Rapport gesê: “Dit is ’n skandaal om vitamienbehandeling met AZT te vergelyk en wetenskaplike taal te misbruik in ’n land waar honderdduisende mense al weens vigsafvalligheid gesterf het. 

“Om geld te maak deur wetenskaplik bewese behandeling te ondermyn en mense se onkunde uit te buit, sal enige normale mens skaam maak. Holford is gelukkig ek is nie in beheer van binnelandse sake nie, want ek sal hom uit die land skop vinniger as wat jy kan ‘vigskwak’ kan sê.” 

Holford word ook in psigiatriese kringe gekap omdat hy in sy jongste boek, The Feel Good Factor, ’n topverkoper in Suid-Afrikaanse boekwinkels, aanvoer antidepressante is in baie gevalle nutteloos en selfs skadelik. Hy meen mense kan dikwels depressie behandel deur hul eetpatrone aan te pas. 

Holford beweer antidepressante het gevaarlike newe-effekte en kan tot ’n toename in selfmoord lei. 

Volgens dr. Piet Oosthuizen van die Tygerbergse geestesgesondheid-inligtingsentrum toon statistieke juis dat ’n afname in die gebruik van antidepressante tot ’n toename in selfmoord lei. 

Die TAC en die Vereniging van MIV-geneeshere maak ook beswaar daarteen dat Holford hom as ’n hoogs gekwalifiseerde kenner oor voedingskwessies voorstel terwyl hy glo bloot ’n BSc-graad in sielkunde het. 

Holford het aan Rapport gesê sy selfbeskrywings is akkuraat omdat hy reeds

35 jaar op die voedingswetenskapsgebied werk, as genoot van die British Society of Nutritional Therapy benoem is en ’n geregistreerde lid van die Britse Nutrition Therapy Council is. 

*** 

Holford se omstrede uitlatings 

Die vigsmedisyne AZT is moontlik skadelik en minder doeltreffend as vitamien C. 

Aan Rapport het Holford gesê hy het nooit gesê mense moet ophou om antiretrovirale medisyne te gebruik nie. 

Hy meen wel daar is wetenskaplike bewyse dat antiretrovirale medisyne vir beter resultate met vitamien C aangevul kan word. 

Die Treatment Action Campaign en die Vereniging van MIV-geneeshere wys daarop dat Holford al geskryf het: “AZT, die eerste voorskryfbare medisyne teen MIV, is potensieel gevaarlik en minder doeltreffend as vitamien C.” 

Die twee groepe sê ook: “Vitamienaanvullings kan ten beste in sommige groepe die vordering van MIV na vigs marginaal stadiger laat verloop. Deeglike kliniese toetse wys sonder twyfel dat antiretrovirale medisyne, waaronder AZT, mense met MIV gesond hou.” 

Vir mense met ligte depressie is antidepressante niks meer as ’n plasebo(troosmiddel) nie. 

Holford beweer dié uitspraak is op ’n meta-ontleding uit ’n akademiese vaktydskrif gegrond, maar dr. Piet Oosthuizen van die Tygerbergse geestesgesondheid-inligtingsentrum sê dit is onwaar. 

Antidepressante het wel ’n wisselende mate van doeltreffendheid en dié doeltreffendheid is meer sigbaar in ernstige gevalle. 

Antidepressante kan newe-effekte soos slapeloosheid, seksuele wanfunksie en selfmoordgedagtes meebring. 

Oosthuizen sê: “Antidepressante het newe-effekte, soos alle medikasie. Die newe-effekte is in die algemeen gering en van verbygaande aard vir die meeste mense. 

“Die storie oor die selfmoordgedagtes in interessant, maar ingewikkeld.

Holford vertel net die helfte van die storie. 

“Die Amerikaanse voedsel-en-medisyne-administrasie (FDA) het in ’n stadium aangedring dat farmaseutiese maatskappye ’n waarskuwing op hul verpakking aanbring nadat daar in studies aanduidings was dat adolessente moontlik meer selfmoordgedagtes gekry het nadat hulle antidepressante begin gebruik het. 

“Dit het gelei tot ’n drastiese afname in voorskrifte in Amerika vir antidepressante in tieners, gevolg deur ’n massiewe toename in die selfmoordsyfer. Dit was so drasties dat die FDA vir slegs die tweede keer in die geskiedenis besluit het om so ’n waarskuwing van medikasie te verwyder. 

“Maar dit sal Patrick Holford nooit oorvertel nie, sal hy?”

,

5 Responses to Mediese kenners waarsku teen Holford

  1. Debbie 26 April, 2011 at 3:17 pm #

    Ag nee wat, hy doen NIKS van die aard nie, hy vertel van waarin hy glo en wat hy in sy praktyk al gevind werk het.  Ek dink mense ruk dit weereens uit verband uit.  Ek hou van sy manier van dink en het groot baat gevind by sy boeke, so ook baie van my kliente! 

  2. Harris 26 April, 2011 at 9:45 pm #

    @Debbie

    This is the problem – people who do not know enough about good science is fooled by his books which are mixtures of good science with bad science – what part of what you read is correct and has good evidence for, and which part is completely rubbish? Also, he does not have a "clinic" – hy het nie 'n "praktyk" nie. 

  3. Annemarie Kock 11 August, 2012 at 2:23 pm #

    I read all of this but still at the end of the day for me the wonderful product Bioslim fat attack and once a day did wonders for me. So why did they stop selling it at the Glomail shop in South Africa. What is the issue.

  4. Ian 15 March, 2016 at 9:09 pm #

    who is this harris guy??? I have been following patrick`s advice and reading his books for years, ( at least 25 years ) and benefited greatly. Tell me Harris what is your professional back ground that you feel that you can make these disparaging remarks, pray tell

    • Harris 16 March, 2016 at 9:25 am #

      @Ian
      Harris is a medical doctor with expertise in allergies, intolerances, nutrition, etc. He is not pro or anti-CAMS or Big Pharma, but argues that evidence/proof is essential for supporting claims that products make, else they are simply unsupported and often no more than a scam. Holford is a self taught, self-styled ‘nutritionist’ who takes the skeleton of good nutrition evidence and adds a layer of nonsense. Many far more credible experts have confirmed this, including Dr Ben Goldacre. In his book Bad Science, he shows just how bad Holford is.

      On the 1st September 2011, Patrick Holford released a media statement which claimed that taking a nutritional supplement will help pupils achieve at school. We asked: Is Patrick Holford an incompetent “scientist” or simply a bare-faced liar? In this post, we show that not a single reference (study) supported his claims – he simply compiled a list of 50 references, some applicable to the claim (but not supporting them), others with no applicability.

      You are welcome to believe anything you wish, whether it be a prophet, or the earth is flat, but I request that you at least read with your mind open to evidence which conflicts with your beliefs. More on Holford in Wikipedia and Holford Watch.

      “Nothing in all the world is more dangerous than sincere ignorance and conscientious stupidity.” – Martin Luther King Jr.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.