“Dangerous substance hidden in Kangmei”

,

Posted 06 November 2012

Gevaarlike middel skuil in Kangmei (“Dangerous substance hidden in Kangmei”)

2012-11-04 21:19

Antoinette Pienaar

http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Gevaarlike-middel-skuil-in-Kangmei-20121104 

Oorgewig mense wat die “kruie”-verslankingsmiddel Kangmei drink, kry dalk onwetend voorskrifmedisyne in wat gevaarlik is vir mense met hart- en ander gesondheidsprobleme. 

Dié Chinese middel word deur honderde agente en webwerwe verkoop as “100% natuurlik”, maar toetse wat Beeld en ’n Kaapse dokter daarop laat doen het, toon dit bevat sibutramien. 

“Die vroue glo daarin soos die Bybel, maar dit het my man se bloeddruk so die hoogte in laat skiet (220/100 mmHg) dat ons dokter toe moes gaan,” het ’n 47-jarige vrou van Lephalale (Ellisras) vertel. In haar omgewing verkoop dit glo soos soetkoek. 

Sibutramien is sowat drie jaar gelede in die verslankingsmiddel Simply Slim gekry. Dié maatskappy het miljoene rande se voorraad verkoop, maar is in Februarie 2010 deur die Suid-Afrikaanse Medisynebeheerraad (MBR) opdrag gegee om alles aan die mark te onttrek. 

Nadat dr. Harris Steinman van Kaapstad klagtes oor Kangmei ontvang het, het hy ’n dosie in die forensiese toksikologielaboratorium van die Universiteit van Pretoria se departement van chemie laat ontleed. Dit het sibutramien bevat. 

Ene Janet van Pretoria, die agent by wie Steinman Kangmei gekoop het, het aan Beeld gesê dit kom van ’n Chinese winkel. Sy beweer sy het intussen opgehou om dit te verkoop omdat mense newe-effekte gekry het. 

Beeld het daarna Kangmei gekoop deur webwerwe waarop die bemarkers daarop roem dat hulle die “ware” Kangmei verkoop en dat mense moet oppas vir “vervalste” Kangmei van Chinese winkels en markte. 

Dit is egter ook positief getoets vir sibutramien. 

Sue Wahl van www.kangmeihealthsa.com was baie geskok oor die bevinding, maar is te “bang’’ om Beeld te sê waar sy haar voorraad kry. Sy het gesê sy weet sibutramien kan slegs met ’n doktersvoorskrif bekom word en sy sal dit nie wetend gebruik of aan die publiek verkoop nie. Sy het haar verkope dadelik gestaak. 

Shirley Hanson van www.theleangenie.com het aan Beeld gesê sy koop haar Kangmei by plekke in Crown Mines. Sy het “geen idee” waar dit vervaardig word of wie dit invoer nie, maar glo die verkope is “massief”. 

Hanson sê sy “toets” haar produkte deur dit self te drink en te kyk na die kleur van die inhoud en die verpakking. Sy het bevestig MBR-inspekteurs het onlangs beslag gelê op haar voorraad en sou dit toets. 

Benewens verskeie webwerwe is daar minstens 200 Suid-Afrikaners wat Kangmei op Facebook smous. 

 CamCheck posts related to Kangmei 

,

4 Responses to “Dangerous substance hidden in Kangmei”

  1. Maritza 9 November, 2012 at 11:49 am #

    Goeie dag ek wil graag weet waar ek die mediese inspekteurs in die hande kan kry of wat ek kan doen, hier is ook ‘n winkel in Viljoenskroon wat die fake pille verkoop met die wit poeier in ! Wat kan ek daaromtrent doen ?

  2. Mariet Visser 5 October, 2013 at 9:01 am #

    Ek wil graag weet wat die pil aan jou sisteem kan doen. My man drink dit 2 weke nou en het erg begin maag werkings kry dit is soos geel kerrie kleur water wat uit kom en hy bly naar is dronk in die kop en het aanhoudende pyn aan sy linkerkant om en by waar die maag sit. Het geen gewig verlies getoon nie. Sy mond het n permanente bitter smaak en bly droog. Die bitter smaak is so gal snaak in die mond. Asb laat weet my dringend wat ek moet doen en wat ek hom kan gee om beter te word of moet hy n dokter gaan sien? Ek het die pille weg gegooi dis n bol str……nt. Dankie

  3. Harris 6 October, 2013 at 10:01 pm #

    @Mariet
    Jy moet die pille onmiddelik staak. Ons het bewys dat dit sibutramine bevat. Hier volg van die moontlike newe effekte:

    SIDE EFFECTS: Dry mouth, increased appetite, nausea, strange taste in the mouth, upset stomach, constipation, trouble sleeping, dizziness, drowsiness, menstrual cramps/pain, headache, flushing, or joint/muscle pain may occur. If any of these effects persist or worsen, notify your doctor or pharmacist promptly.Remember that your doctor has prescribed this medication because he or she has judged that the benefit to you is greater than the risk of side effects. Many people using this medication do not have serious side effects.Tell your doctor immediately if any of these unlikely but serious side effects occur: fast/pounding/irregular heartbeat, numbness/tingling of the hands or feet, mental/mood changes (e.g., excitement, restlessness, confusion, depression, rare thoughts of suicide).Tell your doctor immediately if any of these rare but very serious side effects occur: change in the amount or color of urine, easy or unusual bruising/bleeding, black stools, vomit that looks like coffee grounds, yellowing eyes or skin, unexplained fever, shaking, unusual sweating, swelling of the arms/legs.Seek immediate medical attention if any of these rare but very serious side effects occur: seizures, chest pain, weakness on one side of the body, vision changes, trouble breathing.Sibutramine may rarely cause a very serious condition called serotonin syndrome. http://www.medicinenet.com/sibutramine-oral/page2.htm#SideEffects

  4. rose 24 November, 2014 at 3:24 pm #

    I used kangmei for about a month or so last year and ended up so close to hospital that it scared the daylights out of me – stomach was terribly upset and when my stomach went it was runny and bloody and I kept vomiting (sometimes also bloody) and I had the worst headaches ever – doc told me to stop the tablets immediately which I did, I was better about a week later but will not recommend it to anyone – it does NOT work and you risk your life drinking it. Its not worth trying it

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.