Categories

Sibutrex: “Pil ‘soos Simply Slim’ nou te kry”

Posted 6 September 2011

 

By Antoinette Pienaar
Die Beeld

Voormalige verkoopsagente vir die verslankingsmiddel Simply Slim is die laaste maande oorval met aanbiedings van mense wat blatant aanbied om die voorskrifmiddel sibutramien aan hulle te verskaf.

 

Talle agente het e-poskorrespondensie van ene John Doherty aan Beeld getoon.

Dit is onbekend of Doherty sy regte naam is, maar die man het glo aangebied om ’n produk genaamd Sibutrex-15 te verskaf aan agente wie se kliënte ’n produk vra wat “net so goed werk soos die ou Simply Slim”. 

Die Suid-Afrikaanse Medisynebeheerraad het in Februarie verlede jaar opdrag gegee dat ’n weergawe van Simply Slim wat van China ingevoer is aan die mark onttrek word nadat toetse getoon het dit bevat sibutramien. Simply Slim het sy produk plaaslik laat vervaardig en die verkope later gestaak.

’n Paar voormalige Simply Slim-agente het aan Beeld gesê hulle word oorval met aanbiedings oor verslankingsmiddels.

Die Sibutrex-smous het glo beweer dit bevat 15 mg sibutramien of is “dieselfde” as die “ou Simply Slim”

’n Agent wat anoniem met Beeld gepraat het, het Sibutrex-15 in Pretoria verkoop en openlik kennisgewings by winkelsentrums aangebring. Hy het dit glo by ’n ander agent gekry en nie geweet sibutramien is voorskrifmedisyne wat hy nie mag verkoop nie. Hy het verkeerdelik gemeen hoeveelhede onder 15 mg is wettig in produkte wat leke verkoop. “Ek het betrokke geraak omdat ons die R500 000 wat ons in Simply Slim belê het, verloor het. Ons wou van die geld terugkry.”

Mnr. Eddie de Gouveia van Kaapstad het by navraag oor sy Sibutrex-15-bemarking op Facebook eers gesê sy sakebedrywighede “het niks met Beeld te doen nie”. Hy het later beweer hy het die verkope in Junie gestaak en dit “hoofsaaklik vir eie gebruik gekoop”.

Mnr. Tjoepie Pretorius van George het gesê hy het verkope gestaak en het nie geweet die produk bevat sibutramien nie.

Die agente sê hulle het Doherty nooit ontmoet nie. Een van sy besendings is van ’n Oos-Randse poskantoor gestuur.

Toe Beeld Doherty se selfoonnommer skakel, het hy sy naam bevestig en erken hy verskaf Sibutrex-15. Hy het ontken dit bevat sibutramien en beweer die naam is ’n “woordspeling”.

Beeld het drie houers met kapsules wat hul oorsprong glo by Doherty het aan die forensiese toksikologie-laboratorium van die Universiteit van Pretoria se chemiedepartement geneem.

Volgens die toksikoloog dr. Tim Laurens bevat al drie sibutramien.

Onwettig
Geen hoeveelheid sibutramien is wettig in verslankingsmiddels wat sonder doktersvoorskrifte by haarkappers en ander leke gekoop word nie.
Voorheen wettige voorskrifmedisyne wat sibutramien bevat en net deur aptekers en dokters uitgegee kon word, is in elk geval aan die mark onttrek omdat navorsers dit met hartsimptome verbind het.

aapienaar@beeld.com

2 comments to Sibutrex: “Pil ‘soos Simply Slim’ nou te kry”

  • MinaMoo

    There is a “new” product that has hit the market. Made by the same “chemist” who was involved in Simply Slim. The product is called CUT-IT. It is in a white container, lime green label and silver lid. The product is being marketed as an “All Natural” weightloss product. But after meeting the agents of the old Simply Slim, I was told that the product contains 15mg of Sibutramine. I questioned why this wasn’t printed on the bottle and was told that any CHEMICAL / PHARMACEUTICAL product has to get approval and that could take 2 years.

    I also asked questions about why there were no contact details or a manufacturing address on the bottle. I was told that the manufacturer “does not want to deal with issues again”.

    Sibutramine is quite dangerous to our cardiovascular system if used unsupervised.

    I have had Pulmonary Emboli’s and a 43cm Deep Vein Thrombosis which left scar tissue in the vein. Needless to say, after using this product, I experienced severe pressure in my thigh (where the scar tissue is at) and my blood pressure severely elevated.

    I have stopped all diet pills and have been eating correctly and going to gym 5 days a week – I look and feel fantastic! I have lost more weight doing just that, than what I lost whilst using diet pills.

  • Harris

    Thanks for the warning, much appreciated. Will keep an eye out for this product, at the moment no website.

Leave a Reply

  

  

  

You can use these HTML tags

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>