Categories

Power balance – Die Burger article

"The efficacy of holographic bracelets need not be proved scientifically, because they make no scientific-up claims. This is what the CEO of Proformance Technologies, the distributors of the Proformance Band in South Africa told Die Burger yesterday." 

"Just because one can not see a thing, does not mean it exists. Do you believe there is something like X-rays? You can not see. "And what does it matter if it's a placebo effect?"

An article from Die  Burger, by the science reporter, Elsabe Brits.

DIE BURGER
ELSABÉ BRITS

18 FEBRUARIE 2011 

Die werking van holografiese armbande  hoef nie  wetenskaplik bewys te word nie, want hulle maak geen wetenskaplike aan- sprake daaroor nie. Só het die uitvoerende hoof van Proformance Technologies, wat die Proformance Band in Suid- Afrika versprei, gister aan Die Burger gesê.

 

Volgens mnr. Mike Herbig hoef hulle nie te bewys die armbande werk  omdat hulle nie wetenskap- like aansprake maak nie. “Ons maak gebruik van die getuienis van duisende mense wat tevrede is met die produk.”

 

Dié armband, waarvan daar nou een vir kinders tussen drie en 15 jaar bekend gestel is, verbeter glo ’n mens se krag, balans, soepelheid, help met migraine, stamina, verminder reissiekte en maak ’n mens kalmer.

 

Die Gesagsvereniging vir Reklamestandaarde (GRS) se regulasies bepaal dat anekdotes en getuienis van gebruikers nie as bewyse vir ’n produk se doeltref fendheid aanvaar word nie. Herbig het gesê die GRS tree net op indien mense kla.

 

Hy erken wel wat anekdotes nie ernstig opgeneem word nie en dat die maatskappy geen portuureva luasie het om sy bewerings te staaf nie.  “Net  omdat ’n mens  iets  nie kan sien nie, beteken dit nie dit bestaan nie. Glo jy daar is iets soos X-strale? Jy kan dit nie sien nie. “En wat maak dit saak as dit ’n plasebo is? Dit werk en mense kry voordeel daaruit. Godsdiens het geen  wetenskaplike  bewyse  nie, tog  maak dit  ’n groot  verskil  in mense se lewe,” het hy  gesê. Of hy  die  armbande  sal  onderwerp aan wetenskaplike toetsing, het hy gesê: “Ons is in die proses om dit te laat doen, maar dit is baie duur.”

 

Volgens Herbig vibreer alle mense teen 7,83 Hertz en die tegnologie om ons, asook alle voorwerpe op aarde, vibreer teen ander frekwensies, wat ons energieveld versteur. Die armband herstel glo die balans.

 

Dr. Dawie van Velden, kenner van naturopatie en deeltyds ver- bonde aan die departement geneeskunde aan die Universiteit Stellenbosch, het gesê ’n mens vibreer nie. “Ek dink die armbande het ’n baie sterk plasebo-effek."

—————————- 

The article above is accompanied by the following piece. 

‘Die navorser moet bewys presies hoekom dit werk’

Elsabé Brits 

Om tussen wetenskap en pseudo­wetenskap te onderskei is die metode van toetsing belangrik. Dit geld ook die holografiese armbande. Só verskil die metodes. 

Pseudo­wetenskap:

Só word toetsing nou gedoen: Die verkoopsman en toetspersoon weet al twee wat die omstandighede is en weet wat die verwagte uitkoms van die toets is. Die verkoopsman druk aan die toetspersoon se arm terwyl hy op een been staan en hy kantel, omdat “mense se vibrasies glo deur die om­ gewing versteur word”. 

Daarna word een van die armbande aangesit en die verkoopsman druk weer aan die toetspersoon se arm. Die persoon kantel nie, omdat die arm-band glo stabiliteit gee. Daar is verskillende maniere om dié toets te doen, sê die verkopers van die holografiese armbande. Anekdotiese  vertellings  word  as “bewyse” gegee. 

Die dubbelblinde wetenskaplike metode:

Só behoort wetenskaplike toetsing te werk: Minstens 300 gesonde mense (of meer) word vir navorsing gekies. Hulle word nie vertel dat hulle hul balans moet hou nie. Hulle moet onbewus wees van ’n verlangde uitkoms. 

’n Assistent  neem 300 armbande wat almal presies dieselfde lyk. Daarvan is 150 gewone armbande (die plasebo)  en 150 het die hologram in, maar niemand (behalwe die assistent) weet watter armbande bevat iets nie, selfs nie die navorsers nie. 

Die armbande en mense is genommer. Daar word vir hulle gevra om oefeninge te doen, veral wat balans vereis. Die navorser neem waar en dokumenteer alles. Nadat die data ingesamel en verwerk is, word die navorser deur die assistent ingelig wie het die plasebo gedra en wie nie.  Eers dan word ’n bevinding gemaak.

Die invloed van die armband moet beduidend wees (’n hoë persentasie) voordat gesê kan word dit werk. Die plasebo­effek word ook aangedui. 

Die navorser moet bewys presies hoekom dit werk, met aanvaarde wetenskap as verklaring. Die toets moet deur ander navorsers herhaal kan word en die resultate  moet deur ’n aanvaarde akademiese  portuurjoernaal gepubliseer word.

Leave a Reply

  

  

  

You can use these HTML tags

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>