Categories

Homemark Prosvent

Homemark is selling a product called Prosvent, a product for men with prostrate problems.

The article below, in Afrikaans, was written by the reporter René-Jean van der Berg and published in the Rapport Sunday newspaper of the 6th February 2011.

Of particular importance are the following points:

1. There is no robust proof that this product works.

2. The urologists interviewed for that article were dubious about its efficacy (and safety)

3. My biggest concern is that men with prostrate symptoms may delay seeing a health professional and ensuring that the symptoms are not cancer, and by the time they do, they may find that the delay in seeking assessment and treatment may have resulted in the cancer having progressed to a stage that is too far advanced for curative therapy. And to boot, the product may work no better than drinking a few sugar pills.

4. Homemark claims to have registered this product with the MCC. Nonsense, all they have is a receipt from the MCC confirming that documents submitted have been received. The documents could have not a shred of evidence of proof that the product has any effect. Many products will eventually NOT be registered because of insufficient evidence of efficacy or safety.

5. I want to remind readers that Homemark has sold a number of product in South Africa, AFTER they were banned in the USA. (does not apply to this product)

Dis misleidend, sê uroloë oor prostaatproduk
2011-02-05 23:07
René-Jean van der Berg
http://www.rapport.co.za/Suid-Afrika/Nuus/Dis-misleidend-se-uroloe-oor-prostaatproduk-20110205

Alternatiewe medikasies wat beloof om mans se prostaatprobleme op te los, is dalk nie so onskuldig soos wat mense dink nie.

So maan uroloë noudat ’n Homemark-produk, Prosvent, in winkels beskikbaar is.

Prosvent is ’n sagte jelkapsule wat glo natuurlike middels bevat. Advertensies vir Prosvent beloof dat simptome van prostaatprobleme of ’n vergrote prostaatklier binne enkele dae verlig sal word.

Maar dit is nie so eenvoudig nie, sê uroloë.

Dr. Izak van Heerden van die Pretoria- Urologiese Hospitaal sê dié alternatiewe soort prostaatmedisyne verbloem dikwels net simptome.

“Die simptome kan dalk ’n groter probleem en selfs kanker wees. Alle medikasie bevat ’n aktiewe bestanddeel. Prosvent bevat ook aktiewe bestanddele wat selfs kankersimptome kan verbloem.”

Dr. David Smart van die Suid-Afrikaanse Vereniging van Uroloë sê dit is kommerwekkend as mans alternatiewe medikasie pleks van voorgeskrewe medikasie vir prostaatprobleme sou gebruik.

“Ongelukkig is die mark vir alternatiewe prostaatmedisyne groot en kwesbare mans word dikwels uitgebuit.”

Smart wys ook daarop dat dié alternatiewe medikasie selfs duurder as voorgeskrewe medisyne kan wees.

Albei uroloë raai mans bo 40 aan om eerder eers ’n prostaatondersoek by ’n uroloog te ondergaan voordat hulle enige medikasie oor die toonbank koop.

Prosvent kos sowat R300 vir ’n maand se voorraad pille. Bestanddele daarin is brandnetel, netelwortel-ekstrak, pampoensaadolie, seleen, sink en vitamiene D en E.

Dr. Harris Steinman, ’n verbruikersaktivis wat mediese produkte betref, sê hoewel sommige bestanddele reeds in die verlede vir die behandeling van prostaatprobleme getoets is, moet verbruikers daarop let dat die dosering in dié middels dikwels baie laer is as doeltreffende dosisse.

Steinman sê die bewyse van bestanddele in alternatiewe medisynes is nie altyd oortuigend nie.

“Soms word ander aktiewe bestanddele by ’n ‘natuurlike produk’ gevoeg om die indruk te wek dat dit werk.

“Houers van produkte soos dié en advertensies raai mense dikwels af om ’n mediese dokter te spreek.”

Homemark was verlede jaar in die moeilikheid by die Suid-Afrikaanse Gesagsvereniging vir Reklamestandaarde oor ’n misleidende TV-advertensie omdat dit die indruk wek dat Prosvent vergrote prostaatkliere kan behandel.

Intussen sê Homemark hulle het die TV-advertensie aangepas en raai mans aan om ook ’n dokter te spreek sou dié simptome voorkom.

Mnr. Dino Hadjipaschalis, ’n direkteur van Homemark, sê dit hou geen gevaar in om dié produk te bemark en verkoop nie.

“Ons het reeds in 2009 ’n aansoek om registrasie ingedien by die Medisynebeheerraad (MBR) met al die navorsing oor die medikasie.

“Homemark werk ook met kenners saam voordat ons enige gesondheidsprodukte in Suid-Afrika bekend stel en ons bly binne die MBR se regulasies.”

See the previous October 2009 ASA ruling here.

Leave a Reply

  

  

  

You can use these HTML tags

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>